Parlementsgebou (Kaapstad)

Die parlementsgebou van Suid-Afrika in Kaapstad.

Die parlementsgebou van Suid-Afrika is in Kaapstad geleë. Die gebou bestaan uit drie hoofafdelings: die oorspronklike gebou, wat in 1884 voltooi is, en aanbouings wat in die 1920's en 1980's bygevoeg is. Die nuwer toevoegings huisves die Nasionale Vergadering (die laerhuis van die tweekamerparlement van Suid-Afrika), en die oorspronklike gebou huisves die Nasionale Raad van Provinsies (die hoërhuis van die Parlement). Die oorspronklike parlementsgebou is in 'n neoklassieke styl ontwerp, met kenmerke van die Kaaps-Hollandse argitektuur. Die latere toevoegings is so ontwerp dat dit met die oorspronklike gebou saamsmelt. Die parlementsgebou is deur die Suid-Afrikaanse Erfenishulpbronagentskap (SAEHA) tot 'n Nasionale Erfenisterrein verklaar en het graad 1 nasionale erfenisstatus gegee, die hoogste graad wat deur SAEHA vasgestel is.[1]

Op 2 Januarie 2022 het 'n groot brand in die parlementsgebou uitgebreek.

  1. "SA Parliament declared a National Heritage Site". South African Heritage Resources Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2018. Besoek op 4 Januarie 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search